NG Gemeente Danabaai

Geseën om 'n betrokke dienende gemeente tot eer van God te wees

Eredienstye

Erediens:

09:00

Voorsang 08:45

Kategese

Junior en Senior 10:00

Adres:

Distansstraat 20

Danabaai

6510

Spesiale aankondigings

Selfdegeslag verhoudings.

Die kerkraad se besluit kan gelees word by die "nuus" skakel hierbo.  

Belangrike skakels

Nuusbriewe

Afkondigings

Klik op die Skakel hier onder

           Afkondigings

Getuienis

Die getuienistaak van ons gemeente het ten doel om die heerskapy van Jesus Christus in die kerk en samelewing te verkondig en effektief uit te leef.  Om dit te verwesentlik word die volgende doelstellings nagestreef: 
Om die gemeente op te bou en toe te rus vir hulle dienswerk in die gemeente en in die wêreld, as getuies vir Jesus met die oog op die uitbou van die koninkryk van God en Sy geregtigheid.
Om uit te reik na alle mense
Om aan almal die evangelie van redding  en heil deur woord en daad te bring.
Om mense op te roep tot geloof in Jesus, toetrede tot die kerk en betrokkenheid in Sy koninkryk

Om hieraan te voldoen het ons gemeente n geloofsbelofte offer stelsel waar lidmate bo en behalwe hulle dankoffers ook n bydrae maak om getuienisprojekte te ondersteun.
Die projekte wat ons tans ondersteun is:
Hugo Wolmerans wat in Londen besig is om deur die elektroniese media mense in Arabiese lande te bereik.
Neels en Esme Meyer wat in Indië getuieniswerk doen.
Frans en Louis Boning wat in Mosambiek werk.
Ds. Lourens van der Westhuizen wat in Makhatini werk.
Die Mickey Mouse bewaarskool.
Geopende deure wat in die geslote lande werk.

Die voorsitter van die kommissie is Luzette Jacobs en haar kontaknommers is: 044 6981494 en selfoon nommer 082 381 6643