Ampsbediening en toerusing

Hierdie kommissie het ten doel om seker te maak dat die ampte toegerus word vir hulle dienswerk. Dit sluit in die ampte van gelowiges, ouderlinge, diakens, dienswerkers en leraars. In die verband word kerkraadslede toegerus vir hulle dienswerk Daar word toerustingsgeleenthede vir lidmate aangebied om hulle geestelik toe te rus. Tydens die geleenthede word spesifiekeContinue reading “Ampsbediening en toerusing”

Aanbidding en musiek

Hierdie bediening se werksterrein is al die aanbiddingsgeleenthede in ons gemeente. Alles rondom ons eredienste word hier bespreek en beplan. Dit sluit in die simboliek in die erediens, die blommerankskikkings elke Sondag, die werk van die klankoperateurs, die rekenaaroperateurs, en die powerpoint aanbiedinge. Die werksaamhede van die koor word ook hier hanteer. By die bedieningContinue reading “Aanbidding en musiek”

Diensverhoudinge

Die kerkraad het werknemers in diens, en die kommissie is daar om die diensverhoudinge te reël. Hulle is verantwoordelik vir die kontrakte van die werknemers en die toesig oor die uitvoering van die pligte van die werknemers. Die kommissie hanteer ook klagtes aangaande werknemers en tugoptredes. Die kommissie moet ook toesien dat daar goeie verhoudingeContinue reading “Diensverhoudinge”

Jeug

Hierdie kommissie het ten doel om die verbondskinders te begelei in hulle geestelike vorming. Hier speel ons kategese onderrig ’n groot rol. Kinders word in die Woord en die leer van ons kerk onderrig en begelei na belydenisaflegging. Om dan na belydenisaflegging betrokke en dienende lidmate van ons gemeente te wees. Saam met die kategeseContinue reading “Jeug”