Dit is ’n administratiewe bediening wat handel met al die administratiewe take van die gemeente. Hulle neem sorg vir die lidmaatregisters en inligting wat na die sinode deurgegee word. Hulle maak seker dat die prosesse in die kantoor vlot verloop en staan ons skriba by in haar pligte.