Category Archives: Bedieninge-Spesifiek
Seniorbediening
Hierdie bediening het dit ten doel om op geestelike, sosiale gebied en maatskaplike gebied in die behoeftes van senior lidmate te voorsien. Die bediening val onder die sorg van ons barmhartigheidsbediening, en aktiwiteite word van uit die bediening rereël.
Nuwe Intrekkers
Die bediening is daarop ingestel om nuwe lidmate wat hier intrek so gou as moontlik te bereik en te help inskakel in ons gemeente. Hulle ontvang elke Sondag nuwe lidmate na die erediens, en reël een keer per kwartaal ’n geleentheid waarheen nuwe lidmate genooi word. Op ’n gesellige wyse word die nuwe lidmate danContinue reading “Nuwe Intrekkers”
Liefdesmaal
Saam met ons tiende maand dankoffergeleentheid bie ons ’n heerlike liefdesmaal aan. Die dames in ons gemeente maak die heerlikste slaaie en nagereg en bykosse. Elke een wat die maal bywoon bring sy eie gaar vleis en drinkgoed en eetgerei saam.So deel ons dan alles wat op die tafels is m et mekaar en kuierContinue reading “Liefdesmaal”
Basaar
Elke jaar word ons basaar aan die einde van Oktobermaand aangebied. Die basaar is die geleentheid waar daar nie net gefokus word op die finansiële kant nie, maar ook op die gemeensaamheid van ons lidmate. Dit is ’n heerlike kuiergeleentheid, waar die heerlikste eetgoed, en wit olifante te koop aangebied word. Dit is die eenContinue reading “Basaar”
Voorbidding
Lidmate wat die gawe van voorbidding het word in gebedsgroepe opgedeel en is elke dag besig om voorbidding te doen vir ons lidmate sowel as alle andere sake en persone wat vir voorbidding aan hulle gegee word. Hulle gee voortdurend ook terugvoer rakende gebedsverhoring.
Aanbidding en musiek
Hierdie bediening se werksterrein is al die aanbiddingsgeleenthede in ons gemeente. Alles rondom ons eredienste word hier bespreek en beplan. Dit sluit in die simboliek in die erediens, die blommerankskikkings elke Sondag, die werk van die klankoperateurs, die rekenaaroperateurs, en die powerpoint aanbiedinge. Die werksaamhede van die koor word ook hier hanteer. By die bedieningContinue reading “Aanbidding en musiek”
Getuienisbediening
Die getuienistaak van ons gemeente het ten doel om die heerskapy van Jesus Christus in die kerk en samelewing te verkondig en effektief uit te leef. Om dit te verwesentlik word die volgende doelstellings nagestreef:Om die gemeente op te bou en toe te rus vir hulle dienswerk in die gemeente en in die wêreld, asContinue reading “Getuienisbediening”
Barmhartigheid
Die barmhartigheidswerk van ons gemeente is gegrond in die Drie enige God en Sy genadige bemoeiing met mense in nood. In die lig hiervan het ons ten doel om konkrete gestalte te gee aan die gemeente as dienende gemeenskap. Ook om mense geestelik, maatskaplik en ekonomies te versorg en op te hef. Ons help minderbevoorregteContinue reading “Barmhartigheid”