Hierdie kommissie het ten doel om die verbondskinders te begelei in hulle geestelike vorming. Hier speel ons kategese onderrig ’n groot rol. Kinders word in die Woord en die leer van ons kerk onderrig en begelei na belydenisaflegging. Om dan na belydenisaflegging betrokke en dienende lidmate van ons gemeente te wees. Saam met die kategese word vir die kinders ook ander aktiwiteite aangebied wat meehelp in hulle geestelike vorming.
Kategese
Kategese vind plaas tydens skool kwartale direk na die kerkdiens om 10h00. Tydens nagmaalsgeleenthede is daar nie kategese nie. Die datums is ook beskikbaar in ons jaarkalender.