Bedieninge

Ons gemeente se funksionering is gebaseer op die erkende kerkordelike bestuur van ‘n gemeente. Kerkorde artikel een is daarom dan ook die vertrekpunt waaruit ons funksioneer. Artikel een bepaal dat ons as gemeente gegrond is op die Bybel as heilige onfeilbare woord van God. Wat ons besluit en doen word gedoen met die Bybel as woord van God waarin en waardeur ons gelei word.
SKAKELS NA BEDIENINGE
Aanbidding en musiek
Administrasie en kerkkantoor
Ampsbediening en toerusing
Barmhartigheid
Basaar
Diensverhoudinge
Eiendomme
Finansies
Getuienisbediening
Jeug
Liefdesmaal
Nuwe intrekkers
Pre-advies
Seniorbediening
Voorbidding
KERKRAAD
Ons kerkraad bestaan uit ouderlinge, diakens en dienswerkers. As vereiste vir die ampte word hulle verkies omdat hulle ’n lewende geloof in Jesus het, ’n begeerte het om vir die Here te werk en ook bereid en gewillig is om vir die dienswerk toegerus te word. Verder word daar van die ampsdraers verwag om ’n hoë sedelike lewenspeil te handhaaf en om in alle opsigte betroubaar te wees.
Die kerkraad se primêre taak is om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en om die gemeente as liggaam van Christus op te bou. Ampsdraers word vir ’n termyn van twee jaar verkies. In die twee jaar is hulle verantwoordelik vir ’n wyk, om kerkraadsvergaderings by te woon en om by ten minste een van ons bedieninge betrokke te wees.
BEDIENINGE VAN DIE KERKRAAD
Die kerkraad funksioneer na aanleiding van verslae wat vanaf die bedieninge voorgelê word vir bespreking en besluitneming. Die kerkraad het die volgende bedieninge:
– Aanbidding
– Getuienis
– Bediening vir barmhartigheid
– Ampsbediening en toerusting
– Jeugbediening
– Pre-advies
– Diensverhoudinge
– Bediening vir Finansies
– Bediening vir Eiendomme
– Kerkkantoorkommissie
Ter inligting gaan die werksaamhede van die bedieninge kortliks weergegee, klink op die skakels om meer inligting te bekom waar nodig. Kontak die kerkantoor om betrokke te raak.
Inligting oor ander bedieninge wat gerig is op die spesifieke behoeftes van ons gemeente
Ons gemeente se visie is: Geseënd om ’n dienende betrokke gemeente tot eer van God te wees. Die visie impliseer dat gemeentelede geseënd is met baie talente en geestelike gawes en dat lidmate hierdie gawes binne die liggaam van Christus moet gebruik tot opbou van mekaar en tot eer van God. In die lig hiervan wil ons graag lidmate aanmoedig en ook toerus om betrokke te raak by bedieninge in ons gemeente en ook om nuwe bedieninge te ontwikkel.
In ons gemeente het daar oor die afgelope tyd sulke bedieninge ontstaan. Klink op die skakels vir ’n kort oorsig van die bedieninge en waarop hulle fokus.