Tuis

Eredienste

Voorsang
08:45

Erediens
09:00


Geseënd

Ons gemeente is so agt kilometer van Mosselbaai geleë, op die pragtige tuinroete.  Dit is nie verniet dat die omgewing hier bekend staan as die Eden distrik nie.

Ons gemeente is die rustige woonbuurt Danabaai wat deel uitmaak van ‘n bewarea.  Hier is die mooiste uitsig oor die Indiese oseaan, met Vleesbaai, Boggomsbaai, Fransmanshoek en Kanon aan die oorkant van die baai. Dit is glad nie ‘n vreemde gesig om bosbokke op jou grasperk te sien waar hulle rustig wei nie. Die omgewing is ook geseën met die mooiste fynbos, proteas en aalwyne.

In hierdie pragtige omgewing bly hier net sulke pragtige kinders van die Here, wat hier hulle roeping en getuienis uitlewe. Ons beskou dit as ‘n wonderlike voorreg om deur die Here hier geplaas te wees, waar ons ons deel binne die liggaam van Christus kan doen. Kuier gerus op ons webblad rond, maar dit sal vir ons heerlik wees om jou persoonlik hier te kan ontvang.

Onlangse aktiwiteite en gebeure


Kontak ons

Predikant

Ds Wehan Geldenhuys
Tel 044 698 1774
Sel 072 326 0901

Koster

Mnr Joos Laubscher:
Sel 073 454 2392

Saakgelastigde