Ds Wehan plaas van tyd tot tyd dagstukkies op die kerk se Facebook blad. Vir u gerief en vir die van u wat nie op facebook is nie word die dagstukkies hier aangehaal. Klik op die Ikon hier onder om die Facebook blad te besoek
Lees Openbaring 3:7-13Sondag is ons pinksterfees en nagmaal. Daarom het ek goed gedink om vandag en more nog die laaste twee briewe aan die sewe gemeentes te behandel. Gepraat van Nagmaal: Maak weer Sondag gereed om tuis saam met jou gesin nagmaal te gebruik. 1. ’n Klein gemeente kry oop deureOns hoor twee keer in die brief van oop deure. Die oop deure verwys duidelik na geleenthede tot getuienis en tot uitbreiding van die koninkryk. Die poort na die Ooste (een van die stad se name) wat die Griekse kultuur na Klein-Asië moes dra, sou nou die deur word waardeur Christus die evangelie sou laat dra na die stede en mense van Klein-Asië! En een van die kleiner enswakker gemeentes sou die een wees wat die uitdaging opneem!Die eerste verwysing is in vers 7 waar Johannes oor Jesus sê dat Hy die Sleutel van Dawid dra en deure oopsluit. As Hy die Sleuteldraer genoem word, moet ons dit eerstens hoor as ’n erkenning van sy absolute mag en gesag op aarde. Hy is die Een Wie alle mag in hemel en op aarde behoort. Maar hier is ’n tweede boodskap. Hierdie prentjie wil ook vir ons sê dat Jesus eintlik gekom het om deure oop te sluit! Hy kan ook toesluit – en daar gaan tye kom wat Hy dit sal doen – maar wat Hy eintlik wil doen, is om oop te sluit. Hy het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word (Joh 3:17).Die tweede verwysing na ’n oop deur kry ons in vers 8 as die Here sê dat Hy voor die gemeente inFiladelfia ook ’n oop deur gegee het. In die moeilike tye waarin die gemeente geleef het, sê die Here:moenie nou gaan lê nie; ek gee juis nou vir julle ’n oop deur en geleenthede om die evangelie uit tedra! Die groot nuus in die brief is dat die gemeente in Filadelfia die oop deur gesien het en besig wasom dit te gebruik! Hulle het die geleenthede wat die Here hulle gegee het raakgesien en opgeneem.Ek is soms bang dat ons in moeilike tye heeltemal vergeet daarvan om uit te kyk vir oop deure… 2. Tye van beproewing: ’n donker wolk – maar ook ’n geleentheid om die Here te dien, te volg, teeer en te bely. In vers 10 word gepraat oor ’n tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom en waardeur al die bewoners van die aarde getoets sal word. Dit is nie presies duidelik na watter beproewing hier spesifiek verwys word nie. Belangriker hier is om te verstaan dat sulke tye van lyding ’n realiteit in die lewe is – vir die wêreld en al sy bewoners, maar ook vir Christene en vir die kerk.Die Here keer nie dat lyding en beproewing nie oor sy kinders kom nie; maar Hy beloof wel om onsvas te hou in die tyd van beproewing (vers 10). As ons kyk na vers 10 en 11 kan ons twee duidelikebeloftes van die Here hier hoor. Die eerste is dat Hy ons sal vashou en heeltyd by ons sal wees.Tweedens – soos in die brief aan Smirna – beloof die Here dat die tyd van beproewing nie eindeloossal aanhou nie. Hy vermaan die gemeente om vas te hou aan wat hulle het, en sê dat Hy gou gaankom. Ons hoef nie bang te wees nie …Maar daar is ’n derde wonderlike belofte wat hier bykom. Tye van beproewing en swaarkry is niesinlose, leë tye waarvan ons maar net moet hoop dat dit so gou as moontlik sal verbygaan nie. Onsweet uit die geskiedenis dat tye van beproewing dikwels vrugbare tye, tye van groei vir die kerk was.Dit is, het iemand gesê, asof genade op sy beste en vinnigste groei in die winter. 3. Beloftes vir nou – en vir altydDie brief word, soos die ander, afgesluit met ’n klompie beloftes. Die Here beloof om die wat volhardtot die einde pilare in die tempel te maak. Vir die mense wat gewoond was aan aardbewings en watselfs vir lang tye buite die mure van die stad gebly was die vastigheid van die tempel en pilare ’ngroot aanloklikheid.Die tweede belofte wat bykom het te doen met name en nuwe name. Jesus beloof om die Naam vansy God op hulle te skryf – om te wys dat hulle nou vir ewig aan God behoort. Hy beloof ook om dienaam van die nuwe Jerusalem op hulle skryf. Dit moes ’n groot troos vir die gemeentelede geweeshet wat nie altyd seker was of hulle welkom was en volle burgerskap van Filadelfia gehad het. En danbeloof Jesus om ook sy eie Naam op hulle te skryf, die nuwe Naam van Jesus. Dit is ’n teken van dienuwe identiteit wat ons gaan ontvang.Ek dink dat deur die besondere getuienis en werk van die gemeente die naam Filadelfia ook ’n nuwebetekenis gekry het. Die lewe van die gemeente sou wys wat Filadelfia, liefde vir al die broeders ensusters regtig beteken. Die deure wat Jesus oopmaak is altyd deure van liefde. Hy is die God wat aanalmal, selfs die ellendigstes onder ons, weer ’n kans wil gee. Daarom reik ons uit na al God se kindersomdat die liefde van Christus ons dring ...
LEES: Jeremia 32:1-15DAAD BY DIE WOORDDie verhaal help ons verstaan dat dit nie genoeg was dat Jeremia net vir die mense van God se beloftes vertel het nie. Hy moes self iets doen wat vir sy hoorders wys dat hy glo in die beloftes van God.Dit was egter nie maklik vir Jeremia nie! God sê vir Jeremia om ’n stuk grond te koop, op ’n tydstip dat dit eintlik tyd was om grond te verkoop! Dit was ’n donker tyd in Israel (meer spesifiek Juda) se geskiedenis. Dit is die jaar 587 vC, koning Sedekia se tiende regeringsjaar. Dit is dieselfde jaar waarin die stad Jerusalem ingeneem sou word deur koning Nebukadnesar van Babel. Hy het reeds die stad beleër.Die beleëring het die normale lewe in die stad onmoontlik gemaak, met die donker wolk van die dreigende oorname oor die stad. Jeremia is onder huisarres, omdat hy van dislojaliteit verdink word. Jeremia antwoord hom deur te vertel van sy neef Ganamel wat hom sou besoek. Die Here het aan hom openbaar dat sy neef Ganamel na hom toe sou kom met die versoek om sy stuk grond in Anatot te koop.NUTTELOSE KOOPTRANSAKSIE?Hierdie koop het op die oog af geen doel nie, niemand sal dit kan geniet nie, want Jeremia is in gevangenskap en die Galdeërs is besig om alles te vernietig. Trouens, die dorpie Anatot was reeds beset deur die Galdeërs. Die koop van grond lyk dus na dwaasheid.Maar, toe Ganamel opdaag, soos wat die Here vir Jeremia gesê het, het Jeremia geweet dat die grondkooptransaksie God se bevel aan hom was. Hy het daarom op die gebruiklike wyse die kontrak opgestel en die geldsom afgeweeg. Die korrek opgestelde koopkontrak oorhandig hy aan sy vriend en helper, Baruk. Baruk kry opdrag om die kontrak in ’n kleipot te sit sodat dit lank sal hou.GELOOF TOT AKSIESOok het Jeremia se geloof tot aksie oorgegaan. Geloof sonder werke is dood. Jeremia wys sy geloof deur sy werke. Hy wys sy geloof ook deur die deeglike manier waarop hy die transaksie deurvoer. Die boodskap is dat dit wat noodwendig moet gebeur nie gekeer kan word nie. Dit is egter nie die einde van God se pad met sy volk nie. Dit is eerder die begin van ’n nuwe pad: die lewe sal weer begin, daar sal weer grond, huise en wingerde gekoop en verkoop word in Juda.Die Here kom sê hiermee dat vir hierdie swaar geteisterde volk beter tye sal aanbreek, waarin die normale lewe weer sal aangaan.GOD BRING HOOPAs alles donker is in die hede soos dit op só baie plekke in ons eie land is en soos dit in sommige van julle se eie lewe is – is ons geneig om wanhopig te wees oor die toekoms. Maar die toekoms is in God se hande, en Hy belowe verlossing en seën vir sy mense. Geloof in God bring dus vir ’n mens hoop. Daar kom ’n einde aan lyding; dit hou nie vir altyd aan nie.Jeremia se daad spreek duideliker as woorde: God het ’n toekoms vir Juda! So het God ’n toekoms vir jou. Al het jy jou vasgeloop, al lyk omstandighede oorweldigend. En al was dit deur ander se dade of selfs weens jou eie toedoen, soos in die geval van Juda. God het ’n toekoms vir jou.Dít is geloof: om ten spyte van omstandighede wat ’n mens wil oorweldig, met die gewone lewe voort te gaan in die vertroue dat God sy goeie werk in jou lewe enduit sal voer (Fil 1:6). Verantwoordelikheid en vertroue – dít is die pad van die geloof.SIMBOLIESE AKSIEJeremia se optrede illustreer hoe belangrik simboliese aksie in ‘tyd van nood is. Sy optrede is soos ‘n kindertuinlessie: dit word ‘n bevestiging van God se trou en God se beloftes.Mens sien hierdie hoop in mense wat tot hulle dood toe letterlik en figuurlik bome plant. En dit is vir nou – doen wat die Here op jou hart lê. Plant ‘n boom, vandag nog. Ons kan God altyd vertrou, daar is altyd hoop.
Lees . Prediker 6:12Inleiding:Dis regtig nie asof die boodskap van Prediker 6 ‘n mens vreeslik gaan opbeur nie. Prediker is na alles die ou wat ons nog laas heeltyd herinner het daaraan dat alles maar net op sy tyd gebeur: daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Elke ding het sy tyd, en dit help nie eintlik jy gaan jou vreeslik afsloof nie - alles kom op die ou end tot niks...Die Bybel hou rekening met die onsekerheid van ons bestaan. Dis vir my die groot wonder van die Bybel: dit probeer nie vandag vir jou ‘n droomwêreld skets, en voorgee dat alles net voorspoedig sal gaan, en niks slegs ooit sal gebeur nie. Nee, ek is bevrees die Prediker is reg. vers 12 herinner, ons dat ons eenvoudig nie weet wat môre vir ons inhou nieOns beleef die onbekende Ons is waar ons nog nooit was nie. En as ons al ooit die noodvraag van vers 12 gevra het, dan is dit nou : “Wie kan vir ons sê wat wag...?” Ons wens so ons het gewéét...Die Prediker gee nie dadelik die antwoord nie. Maar nou kom gee die Prediker nie dadelik vir ons sulke klinkklare, helder antwoorde nie. Hy begin nie dadelik vir ons in detail verduidelik wat al die antwoorde is waarna ons smag nie. die skrywer is die slimste ou wat daar nog ooit was, en nog altyd kom hy net met geen konkrete antwoord vorendag nie. Al die baie vrae wat hy so aanmekaar vra, bly net so onbeantwoord in die lug hang...Maar nou is ook dit mos nie vir ons vreemd nie. Want ons verstaan dit eintlik ook baie goed; want ons self weet meeste van die tyd ook nie wat die antwoorde is nie. As jy vir my vra, voel dit eintlik vir my ook ons lewe op die oomblik, soos skaduwees, elkeen afgesonder in ons eie huis, afgesluit van mekaar.En steeds weet ons nie wat “in hierdie wêreld sal gebeur” nie...Die antwoord. En so laat die Prediker ons dan tot in die laaste verse van sy boek wag vir die antwoord. En selfs dit is nog altyd nie die logiese verklarings wat al ons nuuskierigheid sal bevredig nie. Nee, sy antwoord laat my dink aan wat iemand een keer geskryf het: “God gee nie vir ons die antwoorde nie”, het hy gesê. “Hy gee vir ons die Antwoord.”Hy gee nie vir ons logiese antwoorde op al ons lewensvrae nie. Maar Hy gee vir ons iets baie beter as dit: Hy gee vir ons Iemand wat by ons kom staan, en ons trane afdroog. Hy gee vir ons die Trooster, wat ons kom leer wat regtig die sin in hierdie chaotiese wêreld is. En daarom sal jy ook nie hier in die Predikerboek al die logiese antwoorde op ons lewensvrae aantref nie. Met ander woorde: Jy gaan nie verstaan waarheen God met ons op pad is nie. Jy gaan nie verstaan hoekom so baie mense seergekry het met hierdie virus, op so baie maniere nie. En enigiemand wat vir jou ‘n maklike, klinkklare antwoord uit sy mou probeer skud, kry dit vir seker nie by God nie.Want die slotsom van dit alles is nie dat jy alles sal verstaan nie. Nee, in Prediker 12:13 lees ek: “Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie” (12:13). Die antwoord in hierdie deurmekaar wêreld met sy baie krisisse en vrae, is om by die Here skuiling te soek. Naby aan die Here, gaan jy nie noodwendig alles skielik verstaan nie, maar jy gaan die vrede vind van ‘n kind wat weet dat ons veilig is in sy Vader se hand. Moenie jou ontstel as jy in isolasie moet gaan en in jou eie huis vasgekeer word, vol onsekerheid oor wat buite aangaan nie. Moenie vreesbevange wees, omdat jy nie weet wat die toekoms inhou nie. Want Jesus sal heel tyd saam met jou dáár in jou huis wees. Vertrou Hom net. Los dit in Sy hande, en hY sal vir jou sorg...Want wat Hy gesê het, is: “Kyk Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld”. Ek sal daar wees vir jou en jou mense. Want weet jy, Ek het mos belowe dat niks julle ooit uit my hand sal kan ruk nie. Vir seker ook nie Covid-16 virus nie. Al wat ek van jou vra is: Bly glo net, en vertrou My... want jy is veilig in my hand...AMEN
Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe Almal van ons is in 'n vreemde seisoen van ons lewens. 'n Seisoen wat onverwags, en met groot ontwrigting in ons lewens kom inbeur het. En dit lyk vir my of hierdie seisoen nog 'n hele ruk lank ons lewens gaan beinvloed. Maar hierdie Psalm, seker die bekendste van alle Psalms, is die gebed vir alle seisoene van die lewe.Dit is die geloofsbelydenis van iemand vir wie die Here van sy jeug af alles was. En wat ervaar het dat God in alle seisoene van die lewe Homself as herder bewys het. 1. Dit is die belydenis van iemand vir wie die Here tye van rus en vrede gegee het. Dis tye waarin hy ervaar het, ek kort niks nie, ek het rus en vrede en ek het krag vir my lewenspad.Die wonder van ‘n lewe saam met God, is dat daar altyd ‘n dubbele waarde is in enige goeie en vervullende ervaring. ‘n Goeie ervaring word nie net ervaar as ‘n geluk nie, maar as ‘n geskenk, as iets wat God gegee het en wat jou nie per toeval getref het nie, maar met opset, omdat God vir jou liefhet. Daarom dat Dawid hier skrywe dat die Here sy herder is, sy koning wat hom raaksien en vir hom goeie dinge uitdeel. Dit laat hom spesiaal voel en dit gee hom rus en vrede. Dit vul hom met nuwe krag. 2. Daarom is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat God rigting en betekenis in sy lewe gee. Wat tye van vooruitgang en seën beleef. Wat uitdagende dinge aanpak en ervaar dat die Here die regte pad aanwys. Baie keer is die regte pad juis dié dinge wat God se eer sal bevorder. 3. Maar dan is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van onvervulde beloftes, van ondeursigtige raaisels. Dis juis dan wat hy kan bely dat hy nie bang hoef te wees nie, want God is by hom en by God is hy veilig. Die belydenis verdryf nie altyd die donker nie, dit beantwoord nie altyd die vrae nie, maar dit hou vas aan hoe God homself deur die eeue laat ken het, as die betroubare, as die herder, as die een wat dinge laat meewerk ten goede, selfs al beteken dit dat die donkerte nie in lig verander nie. 4. Soms lei God se paaie wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos ‘n feesmaal in die aangesig van die teëstanders. Dit is soos om as ‘n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die herder-koning voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk.Die hartlikheid waarmee God ons soms kom oorlaai, is ‘n besondere voorreg in die lewe saam met God. 5. En wat jou terugbring by die besef en belydenis, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly. Wat op die ou end die ware rus en vrede is, dieper as die weivelde en die water en die krag, om maar net by God te wees, diep-tevrede soos ‘n kind.Psalm 23 is dus ‘n feespsalm en ‘n troospsalm. Dit is ‘n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is.Só ‘n waarheid lei tot twee reaksies: ‘n belydenis: ek sal nie bang wees nie … en ‘n verbintenis: ek sal tuis wees in die huis van die Here, tussen sy mense.Anders kan dit tog nie. God woon in ons en Hy werk in ons. Waarom sal ons bang wees en waarom sal ons nie tuis voel tussen God se mense nie? In hierdie vreemde seisoen waarin ons ons bevind kan ons van een ding seker wees: Ons hele, en die lewe van ons kinders en kleinkinders, medegelowiges, is altyd veilig by God. Dis ons troos. Die feestelike is dat ons tuis is by God se fees van die lewe. Dis ons vreugde in die vreemde seisoen.
Lees Matteus 10:29-3029“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. 30Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. 31Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”“Dit was God se wil, en ons moet ons daarin berus.” Dit is die welmenende trooswoorde wat mense dikwels vir iemand sê wat iets verskrikliks oorgekom het. En nou kry ’n mens boonop ’n uitspraak van Jesus wat dit wil laat lyk of dit maar reg is dat ons so sê en troos. Ons teksgedeelte sê dit immers duidelik: 29“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. 30Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. 31Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” (83-vertaling)Dit was ook hoe die opstellers van die Heidelbergse Kategismus oor die saak gedink het. In vraag 1 vra hulle: “Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?” en dan kom daardie wonderlike antwoord: “Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ’n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.”Julle sien: weer die wil van ons hemelse Vader – selfs wanneer dit kom by ons hare en of dit gaan uitval of nie.Kom ek sê dit sommer reguit: ek dink nie ons moet só oor die wil van God dink nie. Natuurlik is God se wil belangrik. Ons bid daarom in die Ons Vader (Matt 6:10): “Laat u wil geskied”; en Jesus het dit gebid in Getsemane (Matt 26:39): “Nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil”. Ons gerigtheid as gelowiges behoort ook te wees dat ons God se wil sal doen. Daarom lees ons die Bybel, kom ons kerk toe, en herinner ons mekaar gereeld aan wat in die Tien Gebooie staan. Maar of ’n mens se hare uitval en of ’n mossie op die grond val, is darem sekerlik nie op dieselfde manier terug te voer na God se wil nie. En daarom dink ek nie die vertalers van die 83-Bybel het ons hier ’n guns bewys nie. Want in die 53-vertaling het ons teksvers só gelees:29 Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.En in die Nuwe Lewende Vertaling staan: 29Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarvan weet nie.Dis al beter, maar nog nie heeltemal wat Jesus gesê het nie. Die BDV vertaal dit daarom soos die 1953-vertaling dit gehad het, nader aan die Grieks: 29Word twee mossies nie vir ’n assarion verkoop nie? En nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader nie. Ek wonder nogal hoekom die 83-vertaling in vers 29 “die wil van” ingevoeg het, want dit staan nie in die Grieks nie. Daar staan niks van die wil van die Vader nie! Daar staan dat ’n mossie nie sonder die Vader op die grond val nie. Want dis die punt: Daar waar dinge gebeur, daar waar die tekkie die teer slaan, soos hulle sê, daar is die Vader teenwoordig! Hy weet nie maar net daarvan nie, Hy is by wanneer dit gebeur. Maar dis nie asof Hy alles wil nie; asof Hý besluit, goed, nou gaan die mossie val, of nou gaan Ek soveel van dié een se hare laat uitval nie, of ja, daardie een gaan nou siek word of ’n ongeluk maak of iemand vermoor of iets nie. Kom ons sê dit vir mekaar: God se wil en hoe dinge van dag tot dag gebeur, is nie met ’n eenvoudige reguit lyn te verbind nie. Natuurlik hou alles met God se wil verband. Natuurlik kan ons, en moet ons ook, iewers in alles wat om ons gebeur en met ons gebeur die hand van God sien. Maar om dit met ’n reguit lyn aan God se wil te bind? Ek wonder darem. Ek dink ons praat te maklik van die wil van God, asof ons nou juis presies weet wat God wil of nie wil nie. Of ons praat van die wil van God om Hom daarmee te blameer vir wat verkeerd is in ons lewe. Die vrou van wie ek gelees het wat sê dat dit die Here se wil was dat die plaasaanvallers haar man vermoor het, en daarom berus sy .Of in die laaste tyd hoor jy baie dat hierdie corona virus God se wil is, want Hy wil ons net weer kom wakker skud, en ons daaraan herinner dat Hy daar is vir ons. Dat ons moet terugdraai na God toe. Dís nie God se wil nie! Hoe kan ons selfs net so dink?! Dis die werk van goddelose misdadigers. Dit beteken natuurlik nie dat God onbetrokke en afgetrokke gestaan en toekyk het toe dit gebeur het nie. Nee, Hy was daar! Hy was daar om die arme vrou vas te hou, te vertroos, krag te gee. Hy was en is en sal nog steeds daar wees vir ons, ook nou in die onderstebo tyd waarin ons is. Dis nie asof God nou skielik van erens af verskyn om ons bietjie skrik te maak nie. Dít wat Jesus hier vir ons wil sê is: niks gebeur sonder die Vader nie. Dis ook wat Dawid bely in Psalm 23, nie waar nie? Dat God daar is wanneer die donker dieptes dreig om hom in te sluk. Dít, dié wete, dra hom deur die noutes. Of soos Paulus in Rom 8:31 en verder jubel: As God vir ons is, kan niks of niemand dit keer nie en kan niks of niemand ons van sy liefde skei nie. Dís die troos van Matt 10:29-31: “Word twee mossies nie vir ’n assarion verkoop nie? En nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader nie. En julle – selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dan nie bang wees nie, julle is meer werd as baie mossies.” Ons Vader is daar vir ons! Hy weet alles van ons af, selfs hoeveel hare ek het of nie het nie. Daarom kan ons ontspan en die lewe voluit leef: Die Here is by ons. Hý sorg. Dít is die Goeie Nuus waarmee Jesus ons die lewe instuur.
LEES 1 PETRUS 1:1-25 1:1-2 – DIE DRIE-ENIGE GOD IS AAN JULLE VERBIND WAT 'N DIEP, WONDERLIKE INLEIDING IS DIT NIE TOT HIERDIE BRIEF NIE. PETRUS SKRYF AAN AL DIE GELOWIGES WAT SO VERSTROOI IS OOR DIE HELE WÊRELD. VAN PONTUS TOT BITINIË. GOD HET ELKEEN VOORAF BESTEM OM SY KIND TE WEES. HULLE IS AFGESONDER VIR HOM, EN OM GEHOORSAAM TE WEES AAN HOM! GOD NEEM DUS OOK DEUR CHRISTUS VERANTWOORDELIKHEID VIR ONS HEDE, SODAT ONS BY DIÉ TOEKOMS WAAROP HY REEDS IN DIE EWIGHEID BESLUIT HET, KAN UITKOM.1:3-12 – JUBEL OOR GOD IN ALLERHANDE BEPROEWINGSMet hierdie inleiding is dit geen wonder dat Petrus uitbars in ’n lofbetuiging aan God nie. Hy fokus op die ewige erfenis wat in die hemel vir ons in bewaring gehou word. Die opstanding van Jesus Christus uit die dood is die basis van ons hoop – ’n lewende hoop – dat ons dié erfenis aan die einde in besit sal neem. Ons kan volhard deur alles heen,tot die einde toe, want Ons gryp vas aan God, omdat Hy ons gegryp het.Oor hierdie erfenis en hierdie toekoms moet ons jubel … “al moes julle nou eers vir ’n kort tydjie deur allerhande beproewings bedroef word.” Daar is immers ’n doel met beproewings – dit wys die egtheid van ons geloof, iets wat baie kosbaar is. Die toetsing deur beproewings wys dat geloof beproefd is, dat dit die moeite werd is. En die motivering vir ons volharding kom van ons liefde vir die Here Jesus Christus, in wie ons glo, al het ons Hom nog nie gesien nie. Hy is die Een van wie ons glo dat Hy ons by die verlossing sal uitbring, sodat ons die einddoel van ons geloof kan bereik.1:13-21 – Wees heilig, want God is heilig Hulle moet leef soos God dit aan hulle geopenbaar het in Christus Jesus. Hy is die voorbeeld en die inhoud van die geloof. God se heiligheid moet hulle tot ontsag vir God beweeg, nie om vir Hom bang te wees nie, maar om Hom te gehoorsaam. Hulle verlossing het Hom duur gekos, omdat hulle: “losgekoop is met die kosbare bloed van Christus, Hy wat soos ’n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek.” Die offer van Christus het hulle dus in die regte verhouding met God gebring. Hulle hele lewe moet nou vir God geleef word.1:22-25 – HÊ MEKAAR MET REIN HARTE INNIG LIEF . Hulle moet mekaar “innig met rein harte liefhê.” Die Griekse woord wat hier met “innig” vertaal is, kan ook met “onophoudelik” vertaal word. Ons moet mekaar onophoudelik lief hê. Dit is immers die tipe liefde wat pas by mense wat deur ’n ewige God liefgehê word!Die rede hiervoor spruit voort uit die hartsverandering wat hulle beleef het: “Julle is immers weer gebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad – deur die lewende en blywende woord van God.” Hierdie versekering van God se werk in ons is eintlik ongelooflik. God se ewige werk in ons kan nie uitgewis word nie, sê Petrus, en hy kontrasteer God se werk met die bestaan van die mens wat net tydelik soos veldblomme en gras is! Ons onverganklikheid en daarom ons hoop op die toekoms lê dus nie in onsself nie, maar in die ewige God se besluit.Hy het vooraf reeds goed geweet wat Hy met ons wil doen hierna!Boodskap Ja, God het reeds vooraf goed geweet wat Hy met ons wil doen hierna! Daarin lê die diep evangelie van hierdie teks vir my opgesluit. Dit maak die volharding in beproewings die moeite werd. Dit moedig my aan om onverskrokke heiligheid in alles in my persoonlike lewe na te jaag en as geskenk van God te ontvang. Dit inspireer my om onophoudelik en van harte lief te hê. Want, God die Vader het my van alle ewigheid af lief. God die Seun neem verantwoordelikheid vir my hede en hou my rein. En God die Heilige Gees neem verantwoordelikheid vir my toekoms. Hy sal sorg dat ek die erfenis in besit sal neem. Daarom het ek dit eintlik nou alreeds! God was en is en sal wees. Daarom het ek nou, ook hier in grendeltyd, eintlik alles alreeds.Neh 8:10. "As julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm."
1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam Paulus wend hom nou tot ’n onderwerp wat hy self op die tafel sit en van kardinale belang vir die Korintiërs se geloof is – die opstanding van Christus. Dit vorm die basis vir die geloof in hulle eie opstanding uit die dood en is dié ding wat hulle moet aanspoor om standvastig en onwankelbaar te wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat die hoop op die opstanding hulle oortuig dat hulle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie (vers 58). Hy begin deur uit te brei op die kruis-evangelie van hoofstuk 2 en herinner hulle aan die die 4 hoofpilare van hulle geloof, dát Christus gesterf het, dát Hy begrawe is, dát Hy opgestaan, en dát Hy verskyn het aan die gelowiges. Let op hoe die historiese feite (gesterf, begrawe, opgestaan, verskyn) met sy interpretasie daarvan (vir ons sonde, volgens die Skrifte) as lewensveranderende evangelie bevestig word.Die verskeidenheid van die 6 verskynings wat Paulus beskrywe val ook op, aan enkelinge, kleiner groepe en groot groepe. Let op ook op dat die twaalf (dissipels) onderskei word van die apostels, wat ’n groter groep was, waaronder Andronikus en Junia was (Rom 16). Paulus sluit homself as ontydig geborene en geringste van die apostels in, weens sy vervolgingsgeskiedenis, hoewel hy trots is daarop dat hy harder as almal gewerk het, darem weens die genade van die Here.Met hierdie opstandings-evangelie as vertrekpunt beweeg hy dan direk oor na die verwagting van die opstanding van die dooies waarsonder hulle geloof waardeloos en sonder inhoud en betekenis sou wees. Hy stel dit daarom duidelik dat soos Christus opgewek is uit die dood, sal dié wat aan Hom behoort, by Christus se koms, lewend gemaak word en opstaan uit die dood. Dit is die evangelie en dit is ons hoop!As dit nie waar was nie, sou ook die werk van die evangelie-bedienaars tevergeefs wees, en sou ’n mens eerder kon eet en drink asof alles tot ’n einde sal kom (hy haal hierdie spreuk uit die werk van die Griekse digter Menander aan – 341-291 vC).Oor die verwysing na die Korintiërs wat hulle vir die dooies laat doop het, is al baie gedink, maar daar is regtig nie goeie verklarings daarvoor nie. Al wat ’n mens kan sê, is dat Paulus dié gebruik ook inspan om die onsinnigheid van ’n geloof uit te wys wat nie rekening hou met die opstanding uit die dood nie. Ons is nie bejammerenswaardige mense wat uitgelewer is aan alles wat goed of sleg is nie. Ons is nie golwe wat heen en weer gewaai word en uiteindelik op die strand uitbreek nie. Nee, wat ons hoop gee, ook in hierdie tyd is: Jesus het gesterf, Hy is begrawe, hy het opgestaan en Hy het verskyn. Hy wys vir ons Hy lewe. Ons geloof in Jesus as opgestane Here het waarde, baie waarde, vir nou, en vir ons lewe saam met Jesus aan Sy bruilofstafel. Mag jy diep onder die indruk kom van hoe waardevol dit is wat Jesus vir jou gedoen het, en steeds doen. Onthou Jesus is, en kan nie in grendelstatus wees nie.